Ek het my woordeskat verloor

Ek het my woordeskat verloor Van vier jaar in Engels swot Twee jaar in die buiteland En sewe jaar met ’n Rooinek vry Het ek vergeet van woorde soos: Verversings, karie, agterdog Spookasem, vetkruit, rusie Sê ek “actually” in plaas van eintlik Hap na woorde soos ’n dronk vis Alles is cool, alles is awesome […]