There is only poverty

Sometimes, a shift in perspective can open completely new avenues of thinking. Today, my editor pointed out that my use of the term “poor white” was wrong. There is no “wit armoede” or “black armoede”, there is only poverty. The difference is in our heads.

My pa was ’n klein mens, met maer knieknoppe en oë so blou soos die hemel na ’n reënbui in die Karoo. Sy bruin gesig was deurtrek met plooie en sy tandelose mond het soms hard gelag, en nog harder geskel. My pa was ’n harde mens, ’n hartseer mens. Ons het elke dag vasgesit, oor alles waaroor ’n pa en kind kon vassit. Ek wonder wat hy vandag van my sou dink.

Hy is standerd ses al uit die skool uit. Dis maar wat gebeur het daai tyd, hy en sy broers het eerder skelm gerook as om skool toe te gaan. So het hy en my ooms een vir een hier om en by 50 aan “natuurlike oorsake” gesterf. Moeder Natuur is maar wreed, maar ek’s seker die gerokery (en ons praat nou nie meer van cigarettes nie) het gehelp.

Elke oggend net na vier het hy begin rondskuifel in die kombuis. Hy het eers die ou moer by die agterdeur uitgesmyt en dan die pot water gekook om koffie te maak. Langsamerhand het hy dan die pakkie Kloof uit die koskas met die vispatroon gehaal en ’n paar eetlepels koffie afgemeet en in die koffiesak gegooi. Die rand van die sak was aangepak met dik bruin moer wat nooit weer uitgekom het nie, en in die aande het die kokkerotte oor die rand en in die lip van die ketel geloop en mis. Tog het ons die koffie so gedrink en nie te veel geworrie oor die vuil nie.

So het ek hom vroegoggend aangetref: ’n Geboë figuur op ’n mankoliekige houtstoel, bene gekruis, pyp in die mond, enamelbeker in die hand. Sy baard het met die jare langer en gryser geword, sy wenkbroue woester, sy mondhoeke al hoe laer afgetrek.

Ek weet, nou eers, wat hy toe al geweet het. Voor hy dood gegaan het en sy pension nie drie jaar gehou het nie. Voor hy dood is en daar niemand was om my broer deur die skool te kry nie. Voor hy dood is en ek nie meer my ma in die oë kan kyk nie.

Dit: dat jy nie iemand anders kan red nie. Dat maak nie saak hoeveel geld ek huis toe stuur nie, dis daai ding in mens se oë wat nie verander kan word nie. Ek kan niemand uplift nie, ek kan niemand anders laat dink en happier oor die lewe maak nie.

Daai kyk in ’n arm mens se oë gaan nie weg nie, maar nie saak hoeveel grade of geld jy kry nie.

Vra my.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s