Wanneer ’n reus tot ruste kom

Ek dink almal het ’n storie om te deel oor André P Brink.

Ek het vanoggend half ses uit die bed uit geklim om gisteraand se bondel wasgoed op te hang en die tweede lot in die masjien te gooi. Tussen hare en teewalms gaan sit ek op die rusbank om te begin lees aan Miss Carter’s War deur Sheila Hancock, dis nie verskriklik belangrik vir die doeleindes van die storie dat jy dit weet nie, net dat ek heeltemal verdiep was in die boek toe ek die tweede bondel op die draad hang.

Ek werk aan my tweede koppie tee toe ek ingedagte my foon aansit, en daar sien ek dit toe. André P Brink is dood.

My kollegas by Books LIVE het vroegoggend al die nuus op ons webblad gelaai. Ek gaan toe aan die Google maar kon nêrens anders enige nuus oor sy dood sien nie.

Ek kon nie ophou huil nie. Nie dat ek hom ooit ontmoet het of persoonlik geken het nie, ek weet nie waarom ek agt uur die oggend in my katpajamas aan die tjank gegaan het nie. Net dat ek nie kon ophou nie, en toe my ou sy stert uit die bed uit lig en my al snikkend in die sitkamer vind kon ek net vir myself lag, want is ek stjoepit of wat?

Ek dink dis die menslike kondisie om belangrike gebeurtenisse te gebruik om hul persoonlike ervarings aan te hang. Ek onthou byvoorbeeld die dag toe Nelson Mandela dood is. Ek het ook deur daardie alwetende Facebook uitgevind en moes kort daarna my eerste keer op die snelweg in Johannesburg klim om my brood en botter te gaan verdien. Sirenes om my, my kar wat buite die grense van padvaardig speel, en die aardskuddende besef dat ’n reus geval het.

Dalk was dit te vroeg vanoggend om die nuus te verteer. Gryp ek na my eksemplare van Duiwelskloof, Die eerste lewe van Adamastor en Bidsprinkaan om te probeer sin maak van my emosie. En toe deel Maroela Media daai insetsel waar Brink sy memoir ’n Vurk in die pad op 7de Laan “bekendgestel” het, en daar gaan die snot en trane weer. So gaan dit die hele oggend totdat Sean die TV aanskakel en ons MasterChef Junior se finale kyk. Groot misteik, daar’s niks wat my meer laat huil as kinders wat hul drome bereik nie.

Voor ons Dischem toe hardloop vir ’n swangerskaptoets, hier is wat ek dink agter die kap van my emosiebelaaide byl lê:

Dis die wonderwerk van die alledaagse: visse wat stroomop swem, kinders wat bo hul omstandighede uitstyg, die underdog wat floreer (wanneer laas het ek daai woord gehoor?). Dis die alewige geveg teen die sinisme, die kinders wat nie te jaded of cool is om ’n voortreflike voorbarige fok te voel nie.

Sê nou net Brink was te bang wat die mense van hom sou dink en hy’t nooit sy omstrede gedagtes op papier neergelê nie?

En daarin lê die weemoed, dat nog een van ons reuse geval het, voor hy soos die konings van oud sy plaasvervanger kon uitwys.

Want wie sal ooit weer sy skoene kan vol staan?

Advertisements

One thought on “Wanneer ’n reus tot ruste kom

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s