Die nuwe goed wat deesdae met my gebeur

Sjoe, is dit al Oktober?

Hierdie jaar was ’n mallemeulerit van groot word en uitfigure wat dit is wat ek wil doen.

Dit was so maklik toe ons op skool was. As ’n onderwyser vir jou gesê het jy’s goed in tale, was dit waaraan jy gewerk het, en so was dit dan. Ek het dit nooit eers oorweeg om enigeiets anders as ’n skrywer te word nie, maar nou dat ek nie meer in die skool of op universiteit is nie besef ek hoe dêm moeilik dit is om woorde aanmekaar te ryg en sinne te maak.

En om jou brood daarmee te verdien? Dude.

Wat ek wel die jaar geleer het is om nie te kompromaais nie (ja ek weet dis nou nie meer ’n Engelse of Afrikaanse woord nie, maar dit word laat en ek moet nog hare was).

Dit klink soos ’n moerse hipster ding om te sê, maar dis die waarheid. As jy iets doen wat nie jou passie is nie, veral iets so persoonlik soos skryf, gaan jy nie gelukkig wees nie. Jou prosa gaan sonder konwieksjin wees (ek tik nou met een oog oop, los my uit), en wat nog meer is, jy gaan jou baas ’n onreg aandoen as jy so passieloos deur sy werk beweeg.

En skielik, toe tref die passie my teen die voorkop. En hard soos ’n klippie uit ’n kettie. En nou dink jy, hy’t, ek’s gemaak, van hier af is dit smoof sailing.

Dit is nie. Want die dinge waaroor jy sterk voel kom nie sonder bloed sweet en harde trane tjank nie. Want as jy gelukkig is soos ek om iets te vind wat jy nog altyd wou gehad het, en dan besef dat dalk is jy nie so kat-se-snorbaarderig soos jy gehoop het jy sal wees nie, dan begin jy voel jy’t iets om te verloor, en dis net so erg.

Maar dis die moeite werd. Elke oomblik se self ondersoeking bring jou nader aan die beste weergawe van jouself wat jy kan wees (ek raak nou agterdogtig, hierdie post begin al hoe meer soos ’n ATKV redenaarstoespraak klink).

Laat ek my hare gaan was voor dit te laat is.

Wat wou ek gesê het?

O ja. Die jaar is nog lank nie verby nie, en ek het alklaar twee groot internasiale skrywers ontmoe, Tom Lanoye en Raymond E Feist. Ek kan nie nou beskryf hoe dit gevoel het nie, meestal want my woordeskat na 20:00 bestaan meestal uit basiese byvoeglike naamwoorde soos “awesome” en “balls”.

Maar dit was moerse awesome. En ek kry nou balls koud.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s