Honde maak my dag beter

Maak nie saak hoe kak my dag was nie, die honde maak die einde van die dag altyd beter.

Maar eers moet hulle my broodlangs irriteer. Kom vyf uur begin hulle met my. Dis asof hulle weet staptyd gaan nou begin. Ek sit nog en tik n email dan begin Achmet aan my te karring. Hy trippel rond soos n ballerina wat te veel rooi koeldrank gedrink het, en wanneer hy nie die aandag kry wat hy verdien nie, druk hy sy snoet in my skoot en maak my swart broek vol lang wit hare.

Moeg van die dag se redigering, smag ek na nog n koppie koffie (want nou nou is dit sewe uur en dan mag ek nie meer nie) maar teen die tyd het Pippa en Gizmo ook besef dis tyd om soos hooligans om die blok te gaan stap. Ek het in n maand al drie kilos verloor van agter die brakkies in die straat af hardloop, en dis nou eers Maart. (Teen Desember gaan ek n nimf in my bikini lyk, watch die space. Hierdie is die jaar wat Annetjie gaan sexy word. Dalk. As ek nou nie teen Mei maand gatvol raak nie. Dit kan ook gebeur. En weet jy dis fine, al my gunsteling skrywers het weird gelyk.)

Elk geval, soos ek nou hier sit en tik het Achmet vir Sean gaan soek en Pippa kyk my met groot bruin oegies (waar’s die umlaut op die blik-masjien?) soos net n Jack Russell kan: vol maniese opwinding.

Vat ek nou aan my tekkies begin sy luidkeels te gil. Kyk ek na haar lyband, die kind is histeries. En Prinses Gizmo kom ook nou agter hier gaan iets gebeur. Al drie se lewe verander. Heel dag los hulle my tot die son so effens geler sak en die lugbesoedeling pienk teen die afwesige berge skyn.

Wel, daai was ‘n pretentious lyn. Moet ek dit delete? Ag los, die honde wil gaan loop.

En Gizmo hardloop weg met my sokkies!

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s