Madiba, ’n herhinnering

My nerf-af knieë het gebibber onder my
grys skoolrok en my wange was selfbewus
rooi in die knypende koue. My tong het
geknoop om die vreemde klanke van “Nkosi
Sikelel’ iAfrika” – tog het ek luidkeels soos net
’n kind kan die woorde uitgebasuin op my skool
se grasperkie. Na die tyd het die man na ons toe
gekom, ons klein handjies in syne gevou, en met
trane in sy oë saggies gesê, “dankie, baie dankie.”
Twee dekades later wonder ek steeds oor
daardie Karoo-oggend, wens ek dat ek die
grootheid van die oomblik kon besef het, dat ek
nie so ’n haasbek kleuter op soek na sweets was
nie, dat ek die ervaring kon beskryf met meer as
net byvoeglike naamwoorde en verwysings na die
weer.
Nelson Mandela was by my skool om
rekenaars te skenk, en die juffrou het al die koor
kinders bymekaar getrek en die nuwe liedjie wat
niemand geken het nie vir ons geleer.
hoe het ons ouers hieroor gevoel? Ek weet
nie. Wat het die mense in die dorp gesê? Ek kan
nie onthou nie. hoe lank was hy daar en wie was
by hom? dis te ver terug in die verlede om op te
roep.
Wat ek wel so helder en skerp soos ’n
weerligstraal voor my sien is die man wat kleiner
lyk as sy beeld op die TV, hoe hy my hand skud
en my laat voel asof my song die meeste vir hom
beteken het. hoe hy glimlag en sy kop skud en sy
tyd, sy kosbare tyd, met klein kindertjies deel wat
nie ’n benul het wie hy is nie.
dis die Madiba wat ek onthou.

This memory of Madiba appeared in the Rhodes Journalism Review’s online edition, RJR Alive, November 2013.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s