Oor Afrikamasutra (wat ek nog nie gelees het nie)

During the National Arts Festival I wrote this story for Word Stock, the Festival’s literary newspaper supplement that was distributed inside the official Festival newspaper, Cue. There are always smaller festivals within the Festival, and Wordfest delivered vibrant and interesting stories this year. This story is a tongue-in-cheek preview of the beautifully illustrated Afrikamasutra, the Afrikaans translation of the ancient text, written by Ilse Carla Groenewald and illustrated by Diek Grobler, Hardus Koekemoer and Marna Schoeman. The book was launched at Wordfest 2013.

Nou die dag kry ek ’n oproep.
“Goeiedag, mejuffrou van Wynegaard? Ons reageer op u advertensie op Gumtree?”
Genugtig, ek het dit daardie oggend eers geplaas.
“Ons is op soek na ’n jong skrywer soos u om brand reviews te skryf vir ons nuwe produkte.”
Wonderlik. Ek is in.
“U kan die produkte na die tyd hou.”
Freebies. Yes!
“Die produkte is speelgoed vir dames.”
Stilte. Sluk. Bid dankbaar die oom kan nie sien hoe bloos ek van toon tot troontjie nie.
Kom weer?
“Speelgoed vir dames. U is nie konserwatief nie, reg?”
Ek is nie konserwatief nie. Ek is nié? Hoe nou gemaak? Sê haastig nee dankie, my hart al kloppende in my keel.
Ek is tog nie konserwatief nie?
Na die tyd vertel ek my vriende, en hulle is almal vies dat ek die kans deur my vingers laat glip het. Dis goeie geld, dis pret, jy sou dit geniet het. In my kop vermaan my oeroue stem, “Die lewe gaan nie oor pret nie.”
Shit. Ek ís konserwatief. Na al die moeite om na ’n liberale universiteit toe te gaan en vroeg as tiener te rebelleer moet ek nou die waarheid in die oë staar.
Ek is preuts.
Hoekom is ek preuts? En van wanneer af? Ek loer terug deur die skilferkorsvenster van die afgelope 25 jaar, en dit slaan my soos weerlig teen die voorkop.
Ek kyk weg as daar sekstonele op TV verskyn. Ek stel nie belang in 50 Shades of Grey nie, ek koop onderklere in stelletjies van vyf by Pep Stores.
Ek is repressed.
Ag shit. Vir wat nou? Hoe gaan ek die res van my lewe invaar met die wete dat ek preuts is? Ek adverteer myself op Facebook en twitter as ’n liberale, opgevoede vrou sonder vrees of fiemies.
En nou dít. Ek’s nie meer ’n kind nie, nog nie ’n vrou nie, as ek dan vir Britney Spears moét aanhaal. Maar ek dink nie tyd gaan my help nie, inteendeel, tyd maak dit erger. Ek kan voel hoe ek stelselmatig verouder en verkramp, my neus trek verder op teen my gesig en ek sien die volgende 50 jaar dor en droog voor my uitstaar soos die Karoo vlaktes waar ek vandaan kom. Steeks soos ’n kaktusplant is ek oppad na my toekoms in ’n klooster.
Maar wag! Dalk is daar raad! Is Afrikamasutra die antwoord? Ilse Groenewald en Hardus Koekemoer se “tasteful, artistic rendition of a world classic” word Maandag 1 Julie by Wordfest 2013 bekendgestel. Is dit ’n teken dat dit tyd is om Wat meisies wil weet finaal op die rak te los en nuwe leesstof te benader vir my vrae en antwoorde?
Sien as Afrikaner kind in die Karoo het ons nie “the talk” gekry soos in elke Amerikaanse tiener fliek wanneer die jong held of heldin puberteit bereik nie. In pleks van ’n ongemaklike gesprek het ons Dominee Jan van Elfen se gewilde reeks boeke vir seuns en meisies op ons kopkussings gekry, en geen haan het weer daarna gekraai nie.
Ek gee nie voor om vir elke Afrikaner in die land te praat nie, ek kan net my eie ondervinding weergee. Maar tyd en ervaring is vloeibaar, en ons hoef te wees soos wat ons ouers was nie.
Verskoon my, ek het ’n nuwe boek wat ek in ’n stil, donker hoekie gou gaan sit en lees.

(English précis)
Recently I was offered a job writing brand reviews about toys for ladies. The experience left me with an irritating inclination that perhaps, oh my, I’m a prude.
Where did this feeling of shame about the topic of sex come from? Is it from my staunch Afrikaner upbringing? Where I come from sex education was a book on your pillow by Dominee Jan van Elfen and blushing maidens running through streams until their wedding days.
That’s why I’m so excited for the Afrikaans version on Afrikamasutra by Ilse Groenewald and Hardus Koekemoer. “A tasteful, artistic rendition of a world classic,” Afrikamasutra will be launched at Wordfest 2013 on Monday, 1 July.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s